Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Johanna Botha

Johanna BothaJohanna BothaMet ‘n pa in die diplomatieke diens, het dit so gebeur dat ek in Duitsland gebore is, in Holland gedoop, laerskool in Kanada en die platteland van Mpumalanga, matrikuleer in Pretoria en studeer Optometrie in Johannesburg. Vir 25 jaar het ek as Optometris gepraktiseer in Middelburg.

In 2004 het ek ‘n Tina Cowley Leessentrum in Groblersdal begin. Die stap was geinspireer deur die vele kinders wie se oë ek getoets het, net om uit te vind dat hulle nie ‘n visuele problem het nie, maar wel ‘n perseptuele problem.

Huidiglik woon ek met my gesin op ‘n plaas naby Stoffberg.

Kuns was een van my matriek vakke. In ‘n skole kompetisie van Sanlam het ek ‘n derde plek gekry.

In 2008 het ek ‘n kunsterapie kursus, aangebied deur Anel Smit van Nederland gedoen. Dit het my laat besef dat daar ‘n leemte in my lewe is en ek het op kuns begin fokus.

Ek het olieverf klasse geneem by plaaslike kunstenaars, Karel Maree en Riette Frazer. Ek het ook kort kursusse gedoen by Judith Mason, Louis Audie, Bob Mckenzie en Eugene Hurter.

Ek gee kunsklas met die klem op skeppende tekenwerk, kleur gebruik en om die terapie van kuns ook met behulp van musiek, te geniet. Om meer gespesialiseerd te wees in kunsterapie is een van my doelwitte.

Ek is ook verantwoordelik vir die jaarlikse uitstalling by die ‘Cefas Intimate Worship’ naweek en die Varkoor fees.

In 2013 het ‘n groep kunstenaars besluit om die Hoëveld Kunsvereniging te stig, waarvan ek huidiglik die voorsitter is. Ons is ook geaffilieer by SANAVA.

Hoe meer ek leer, hoe meer besef ek daar is so baie om te leer … so min tyd om te leer!